MARTIE SE OSSO BUCO

 

osso bucotested

 

MARTIE SE OSSO BUCO
1 kg bees skenkels. (As jy kalfskenkels kan kry)
gegeurde meel
3 wortels gesny
2 stokke seldery gesny
1 groot ui gesny
3 huisies knoffel gekap
Bietjie olie
250 ml rooi wyn
250 ml hoender aftreksel
1 blik gekapte tamaties
sout en peper
2 lourierblare
1 takkie roosmaryn
1 E suiker
DIE GARNERING (Gremolata)
4 E gekapte pietersielie
fyn gerasperde suurlemoenskil (So 2 suurlemoene)
3 gekapte huisies knoffel
Doop die skenkels in gegeurde meel en seel dit in bietjie olie. Skep uit en sorteer die groente. Pak lae met die vleis saam in vuurvaste pot. Gooi wyn ,aftreksel en tamaties by. Geur met nog bietjie s&p en suiker. Voeg lourierblare en roosmaryn by. Maak toe met deksel en bak in oond 160 g vir ongeveer 1 en half tot 2 ure. Bedien met noedels, rys of kapok ertappels. Strooi gremolata oor en bedien.

Resep en Foto: Martie Fourie Moolman