MALVALEKKER TERT

malvalekker tert altatested
MALVALEKKER TERT
250 g malva lekkers (pienk en wit)
1 pak tennis beskuitjies
1 blik fyn pynappel
1 blik kondensmelk
500 ml vars room
125 ml suurlemoensap
1 houertjie rooi geglansierde kersies

Pak ‘n laag tennis beskuitjies in ‘n langwerpige tert bak.
Sit die beskuitjies wat oor bly in ‘n vleis sakkie en krummel met ‘n koek roller.
Snipper die malva lekkers met ‘n skêr. Doen dieselfd met die kersies.
Voeg die suurlemoensap en kondensmelk in ‘n mengbak.
Klop die room styf. Voeg by kondensmelk mengsel. Klop goed saam.
Drein die pynappelen voeg by die room mengsel, voeg ook die malva lekkers en kersies by en meng goed.
Gooi vulsel oor beskuitjies en strooi krummels bo-oor.
Laat stol in die yskas.
Foto: Alta West  – my resep kry klein blikkie fyn gemaakte pynappel in wat gedreineer is.