MAALVLEISSKOTTEL VIR AANDETE
MAALVLEISSKOTTEL VIR AANDETE
Van Deon Uit Holland
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg beesmaalvleis
bietjie neutmuskaat, bietjie kerrie, bietjie paprikapoeier, sout en peper
2 koppies melk
1½ koppie broodkrummels
4 eiers geklits
1 tamatie, gerasper
½ koppie Cheddarkaas, gerasper
Geur maalvleis met neutmuskaat, kerrie, paprikapoeier, sout en peper.
Braai maalvleis tot lekker los en gaar in bietjie olie.
Maak die melk warm en meng die broodkrummels daardeur.
Voeg al die ander bestanddele daarby, behalwe die kaas en skep in bakskottel.
Strooi die kaas oor.
Bak in oondskottel by 180ºC tot warm en die kaas gesmelt het.

