MA SE KERRIEVIS TERT
1x blik kerrievis (haal al die gagga’s uit)
1 x Uie gerasper (nie te groot)
2 x Tamaties gerasper (nie te groot)
2 x koppies cheddar kaas gerasper
2 x eiers
Sout en peper na smaak
Dreineer tamatie en uie water. Meng als saam en bak teen 180 °C vir so 30 -40 min tot gaar. Bedien met slaai of koud as sout tert.
Resep van my sussie Debbie Bornman
Foto deur Lizelle Lambert

