LEKKER VINNIGE SKONS

vinnige skons Anzeltested
LEKKER VINNIGE SKONS
Ek het dit vinnig gebak vanoggend vir iets anders in die kosblikke. Gaan regtig gou.
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 eier, vul res van koppie met melk
½ teelepel sout

Meng alless deurmekaar en skep in gesmeerde kolwyntjie pan.
bak by 180°C tot gaar vir ongeveer 15 min of tot toetspen skoon uitkom.
Ek het 1 koppie kaas bygevoeg.
Jy kan biltong of spek ook byvoeg
Foto en resep:  Anzel Viljoen