CREMORA JOGURT YSKASTERT

2014-11-26-1492728_579196225515618_7679352320835391238_otested
CREMORA JOGURT YSKASTERT
1½ liter gewone jogurt of amazi
3 pakkies pynappel jellie
2 teelepels gelatien
1½ koppie cremora poeier
¼ koppie strooisuiker
675 ml warm water
¼ koppie koue water
appel, piesang, aarbeie en pitlose rosyne vir klein vormpie
2 eetlepels heuning

Los 3 pakkies jellie op in 675 ml warm water en laat afkoel.
Plaas 2 teelepels gelatien in ¼ koppie koue water.
Giet alles in ‘n groot mengbak en klits alles saam.
Plaas in yskas vir 15 min voor gebruik. Gebruik op ‘n koekiekors of soos verkies.
Plaas weer terug in yskas nadat yskastert gemaak is, tot gestol. Vir klein gestolde vormpies is dit nie nodig om eers te verkoel nie.
Kan gebruik word vir yskastert met tennisbeskuitjies en vrugte tussenin of in klein vormpies om te stol.
My vormpie se vulsel was omtrent ‘n halwe koppie. Ek het in die breë deel van die vormpie so twee of drie lagies marie beskuitjies ingesit.
Ek het appel en piesang skyfies rondom gepak. ¼ koppie rosyne met 1 eetlepel heuning gemeng en rondom bo-op die vrugte geplaas. ‘n Aarbei bo-op gesit. Een aarbei fyn gekap en op rosyne rondom gesit. Omtrent 1 eetlepel heuning bo-oor laat loop. Eetbare gesiggies rondom gepak. Gebruik jellie en vrugte van jou keuse.
BRON : Meisie Hattingh