GLUTENVRYE BLACK FOREST PAVLOVA


GLUTENVRYE BLACK FOREST PAVLOVA
Dit is sommer my eie skepping. Dis ‘n grutenvrye weergawe vir ‘n Black Forest koek.
Vir die kersies het ek twee verskillende soorte gebruik. Een soort was gewone kersies in stroop en die ander was Amarena kersies. Dit het ek gemeng en verhit en ‘n sjokolade stroop van die sous gemaak. Dan begin die lae pak van eers ‘n merinque met room mengsel en sjokolade en kersies en dan die volgende laag. En dan kan daar gesmul word.
ekstra groot Eierwitte
450 g Strooisuiker
1,5 eetl Maizena
1 eetl Suurlemoensap
1 tl Vanilla
Halwe tl Kremetart
Vir die vulling:
200 ml Room
250 g Yogurt
Gerasperde sjokolade
Marcino Kersies
Metode:
Verwarm oond op 170 Grade Klits eierwit styf en voeg die strooisuiker en kremertart by. Voeg Maizena by. Klits tot styf en blink en glad. Vou die suurlemoensap en vanilla ook by. Teken op bakpapier 4 sirkels van 20cm elk. Verdeel die merinque mengsel op die sirkels. Stel oond tempratuur af na 120 grade C. en bak vir 1 uur en 30 minute. Laat afkoel in die oond. Verwarm die kersies en maak die sous dikker met bietjie cacao en versiersuiker en maizena(ongeveer 2 eetl versiersuiker 1 eetl maizena en 2 eetl cacao) As dit alles afgekoel is en net voor bediening kan die lae gepak word. Begin met ‘n merinque en plaas van die roommengsel op gevolg deur die kersies en gerasperde sjokolade. Pak die lae en sluit af met kersies en gerasperde sjokolade
BRON – Jeannette Havenga