GEMMERKOEKIES MET INVRYF BOTTER

Gemmerkoekkiestested
GEMMERKOEKIES MET INVRYF BOTTER
Resep geplaas en foto: Elize Venter
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies koekmeel
1 koppie goue stroop
125 g storkbake
1 eetlepel koeksoda
1 koppie suiker
½ koppie warmwater
2 eetlepels gemmer

Vryf margarine in die meel in met jou vingerpunte tot krummel. Voeg die suiker by en meng. Los die koeksoda op in warmwater en voeg by. Meng die stroop en gemmer in ‘n bakkie tot mooi glad. Voeg by meelmengsel en knie liggies. Rol balletjies so groot soos okkerneute en sit in gesmeerde panne. Druk plat met ‘n vurk of druk met jou duim ‘n duikie in.
Bak op 165ºC 15 min.