EINDE VAN DIE MAAND TRIFLE
10 sout beskuitjies fyngemaak en gemeng met 30ml botter en 1 selati versoetter sakkie.
Druk in’n tertbak en verkoel.
Maak ‘n pakkie groen jellie aan soos aanwysings op die pakkie, gooi in in plat bak en laat stol.
Maak vla van 500ml melk,
3opgehoopte vlapoeier en
4 Selati versoetter sakkies.
Los 10ml gelatien op en meng met vla.
Neem 10 gekleurde kersies en meng met bietjie koekmeel. Kap dit nou kleiner. Die meel help met die snywerk…pak nou die inhoud van 1 blikkie appelkose, (NIE die sap Nie) op die tertkors. Skep vla bo-oor, strooi kersies oor. Sny die jellie in blokkies en skep op die vla. Strooi bietjie krummels oor en los in die yskas sodat die triffle kan stol.
Bron: Wilma Josey Venter

