EENVOUDIGE KERRIE NOEDELSLAAI

Noedel en aartappelslaaitested

EENVOUDIGE KERRIE NOEDELSLAAI
1 pakkie gekleurde draai noedels
½ groen soetrissie
½ eetlepel kerriepoeier
½ eetlepel borrie
½ koppie asyn
4 eetlepels opgehoopde witsuiker
3 eetlepels blatjang

Kook noedels tot gaar voeg sout by na smaak. Spoel gaar noedels af onder koue water en plaas in slaai bak. Sny ½ groen soetrissie baie fyn en voeg by noedels. Plaas asyn, kerrie, borrie en suiker in kastrol verhit dit tot kookpunt, voeg 3 eetlepels blatjang by. Laat prut – suiker moet heeltemal opgelos wees. Voeg die sous by noedels en meng goed deur. Sit in yskas tot afgekoel.
NB:
Maak seker die kerrie sous is soet-suur. As te soet voeg klein hoeveelhede asyn by tot jy tevrede is. As te suur voeg klein hoeveelhede suiker by tot tevrede
Wenk: As dit oornag is dit baie meer lekkerder!!!

Resep en foto: Elmarie Coetzee