Cheats Tuna Souffle


4 snytjies brood – korsies afgesny
1 koppie melk
3 eiers
1 pakkie knor potato bake (het al almal probeer en ons hou die meeste van die garlic en herb een, maar almal is lekker)
1 blikkie tuna
30ml botter
1 koppie kaas, gerasper
1. Sit die brood, melk en botter in swaarboom pan en kook tot daar niks meer klontjies is nie oor medium hitte, terwyl jy voortduerend roer
2. Klits in aparte bak die eiers, voeg al die ander bestandele by en meng goed.
3. Meng die brood mengsel en tuna mengsel goed deur
4. Gooi in voorbereide bak en bak vir 25 – 30 min teen 180 grade celsius.
Geniet!!!!
Bron en foto: Annalize Hattingh