AARTAPPELS ALA-WILMA
4 Lekker groot aartappels geskil en in blokke gesny
1 Groot ui, grof gekap
Halwe groen soetrissie in blokkies gesny
12ml fyngemaakte knoffel
kookolie vir braai.
Sout en varsgemaalde swartpeper.
Braaivleis Speserye na smaak.
Kook die aartappels in soutwater tot amper gaar. Braai die ui en soetrissie uit in die olie. Voeg die knoffel, braaispeserye en die aartappels by. Gooi 200ml kookwater oor. Laat kook tot daar so i “sousie” in die pot is en die aartappels gaar is.. Geur met swartpeper en sout indien verkies. Bedien saammet braaivleis en i mengslaai.
Hierdie gereg is baie lekker indien dit ‘n dag gestaan het sodat die geure goed kan meng.
Bron: Wilma Josey Venter

