WENKE OM ROOM LANGER TE BEWAAR

tested

WENKE OM ROOM LANGER TE BEWAAR
Johan Haarhoff – Het julle al ooit gewonder wat om te doen met Room om dit reg te hou vir ‘n lang tyd as dit oop is?? Daar was nou die dag ‘n special op room en ek het twee liter gekoop!! Ek het ys bakkies gespray met spray and cook en dit vol gemaak met room en gevries!! Ek het dit toe uit gehaal en in ‘n sak gesit!! Dit werk soos ‘n DROOM!!!!! Nou sit ek net die blokkie in my kos en dit smelt self!!! Traai dit bietjie!!!

Marie Rheeder Troskie – dankie veral as mens boontjies ook maak dan is daai blokkie room net genoeg in plaas van n hele houertjie te koop, dankie vir die idee

Lynette Jacobs Wasserman – As mens daai blokkies ontdooi sal dit nog styf klop?

Estelle Kuun Lines – Nee dit klop nie styf nie, ek het al probeer.

Suneth van Rensburg – Ek het vars room gevries, ontdooi en dit het perfek styf geklop