VRIENDIN SE LEKKER VANILLA KOEK


VRIENDIN SE LEKKER VANILLA KOEK
1 koppie suiker
1 koppie melk
2 koppie koekmeel
1 eier
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels gesmelte botter
Klits die eier en melk saam, hou eenkant. Klits die botter en suiker goed saam, voeg die geklitste eiermengsel by.
Sif meel en bakpoeier saam en voeg by suikermengsel, en roer goed deur.
Skep in ‘n voorbereide broodpannetjie.
Bak vir 30 minute in ‘n warm oond van ongeveer 200 ºC.
Lekker gou en ekonomies.
Bron: Susan Mac Donald