TUNA VISKOEKIES
TUNA VISKOEKIES
Foto Marie Rheeder Troskie
Bron: wat eet ons vanaand (hettie)
FOOD LOVERS RECIPES
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 blikkies Tuna, goed gedreineer
2 eiers, lig geklits
1 klein ui, fyngekap
30 ml fyngekapte pietersielie
Swartpeper
Olyfolie vir braai
Suurlemoenwiggies vir opdiening
Kook die aartappels tot sag, dreineer goed en maak fyn. Meng die tuna, eiers, uie en pietersielie en geur met peper. Vorm die mengsel in agt koekies. Verhit ‘n kleefvrye braaipan en gooi ‘n bietjie olie in. Braai die viskoekies tot goudbruin aan albei kante. Bedien met suurlemoenwiggies.

