SWITSERSE OMELET
SWITSERSE OMELET
Sny jy ‘n paar knopiesampioene in skywe en braai dit in botter tot sag, plaas eenkant.
Jy benodig 3 eiers per persoon, klits die eiers met ‘n knippie sout goed met die hand.
Smelt ‘n groot stuk botter in ‘n swaarboompan, hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor die omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word, moenie dat die botter verbruin nie.
Voeg die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te verseker dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek, jou aan met skud.
Na ‘n paar minute sal die omelet begin stol.
Bedek die omelet met dun skywe Switserse kaas en strooi die sampioene bo-oor.
Lig die pan weg van jou en vou ⅓ van die omelet aan jou kant na die middel toe. Lig die pan na jou toe op en vou ⅓ van die ander kant af na jou toe. Gly die omelet uit in ‘n bord.
Resep en foto: Timothy Valentine
