STEPH SE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK

 

steph se mikro ssjok koektested

STEPH SE SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK
275 g (500 ml) bruismeel
1 ml bakpoeier
knypie sout
250 g margarien by kamer temperatuur
420 g (500 ml) strooisuiker
50 g (125 ml) kakao
5 ml vanielje geursel
125 ml karringmelk
2 eiers, effens geklits
250 ml kookwater

Spuit en voer dan die boom en sye van ‘n groot, diep mikrogolfvaste tuitpan (ringpan) met papierhanddoek uit vir ‘n ringkoek of die bodem en wand van ‘n 24 cm ronde bak vir ‘n laag koek. Ek gebruik twee ronde mikrogolf koekpanne. As jy net een ronde pan het het, knip die papierhandoek dubbel vir die laagkoek, want die helfte van die beslag word eers gemikrogolf en dan word die bak weer uitgevoer vir die volgende koek laag.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Verroom die margarien, strooisuiker, kakao en vanieljegeursel saam.
Roer die karringmelk en eiers by.
Voeg die gesifte bestanddele by en meng.
Voeg laaste die kookwater by en meng deur.

Vir die ringkoek:
Giet al die beslag in die ringvorm plaas dit op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf dit 13 tot 14 minute oop by 100% krag (ek het gevind 13 minute is genoeg).
Laat dit ‘n rukkie in die pan afkoel, dit is baie belangrik, en keer dit dan versigtig op ‘n stuk papierhandoek op ‘n draadrakkie uit.
Laagkoek:
Giet die helfte van die beslag in die bak, plaas dit op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf dit 7 minute oop by 100% krag.
Laat die koek ‘n rukkie in die pan afkoel voordat die versigtig uitgekeer word op ‘n stuk papierhandoek op ‘n draadrakkie soos vir die ringkoek hier bo.
Voer weer die pan uit en doen dieselfde met die res van die beslag.
Versier soos verkies.

Foto en resep:  Steph Kirchner