SOSATIE MARINADE


SOSATIE MARINADE
10 groot uie in ringe gesny
60 ml kerrie
60 ml borrie
360 ml suiker
60 ml maizina
1.5 liter asyn
5 ml sout
2.5 ml peper
250 ml heuning
Een fyn gekapte steranys kan ook bygevoeg word
Ekstra
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetlepel bladjang
Giet water op uie en kook vir 1 minuut.
Giet water af en braai in olie tot glanserig.
Giet 1 koppie water in en kook tot sag.
Meng alle bestanddele saam, skep by uie en kook 10 minuute. Haal af en voeg die appelkooskonfyt en bladjang by.
Marineer vleis blokkies vir 24 uur en ryg op stokkies.
Resep: Johan Du Preez Snr