SOETSUURDEEG BROOD

 

soetsuurdeegtested

SOETSUURDEEG BROOD
Resep en foto: Riana Heyns (Daniel Fourie)
FOOD LOVERS RECIPES
Vorige aand 9 uur insuur. Gebruik middelslag kastrol.
Neem 3 koppies kookwater en 2 koppie koue kraanwater.
Voeg 1 Eetlepel elk suiker en sout in.
Roer ongeveer so 5 handevol Nutty Wheat of Bruinbrood meel tot mengsel “romerig” vertoon. Ek het Riebeek se Growwe Stoneground gebruik.

Plaas deksel op. Maak warm toe om hitte solank moontlik te behou vir rysproses. (Nie oond warmte).
Volgende oggend 5 uur oorsuur.
Roer 1 koppie sterk lou water in en weer ongeveer 1 koppie meel.
Laat weer rys tot suurdeeg oorloop.
Kry intussen knieskottel gereed.
Neem 2,5kg meel van eie keuse. Voeg sout by, so ongeveer groot Eetlepel.
Maak holte in meel en giet die suurdeegmengsel daarin, plus genoeg sterk lou water. Knie.
As lekker los van hande, voeg ongeveer 250g gesmelte botter en  2 eetlepels olie by. Knie deur. Maak toe en laat rys. Tyd nie altyd dieselfde. Knie dan af, sit in panne.
Laat rys tot panne vol.
Bak by 180 ºC vir so ongeveer 50-60 minute, ken jou oond.
Verf botter oor gaar kors vir mooi en sagte kors.
Siedaar. Moeite en tyd werd!!