PIESANGWORTELKOEK

piesangwortelkoek mariepiesangwortelkoektested

PIESANGWORTELKOEK
Baie lekker sal nie weer n ander 1 maak nie!
1 koppie wit suiker
1 koppie olie
3 eiers
375 ml koekmeel
2 teelepels kaneel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Knypie sout
1 koppie grof gerasperde wortels
1 koppie fyn gedrukte piesangs
200 ml pekanneute grofgekap
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n koekpan met botter
Klits die suiker en olie goed saam. Voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed na elke byvoeging.
Sif die meel, kaneel, bakpoeier, koeksoda, sout saam.
Voeg by die suiker en olie mengsel en vou in.
Voeg die wortels, piesang en neute by en meng liggies deur.
Skep in pan en bak 40-55min tot gaar. Laat afkoel
Viersiersel het ek 1 pakkie roomkaas gemeng met 375 ml versiersuiker en ‘n proppie vanilla.
HEERLIK
Foto:  Benhet Nieuwenhuis en Marié Fourie