Kosblik met ‘n twist

 

Kosblik met 'n twisttested

Die alledaagse kosblik. Niks snaaks maar maak dit anders dis altyd lekker.
Ek het n vetkoek deeg broodjie in gesit met Tamatie en Kaas. Dit raak ook later afgesaag. Nou ja die kaas het bietjie gesmelt toe ek die warm gemaakte russians in sit en soos altyd weer rond geskuif. Tamatie verkieslik vars op die brood by die werk anders gaan alles pap word of jy moet die broodjie baie vroeg eet as jy die tamatie by die huis op gesit het. Saam het ek n paar stukkies gerookte Russians in en toe koop ek vir my n pakkie chips. Gebruik jou gunsteling en pak chips tussen die kaas en die tamatie en eet dit so saam met die Russian of enige iets anders vleiserig.
Koos van der Merwe‎