KLEIN KORSLOSE SOUTTERTJIES


KLEIN KORSLOSE SOUTTERTJIES
1 koppie ham in blokkies of gerasper as jy van ‘n fyner tekstuur hou
1 blik weense worsies fyn gekerf
1 blikkie soutvleis( ek gebruik picnic ham)
1 koppie melk
¾ teelepel mosterdpoeier
1 teelepel bakpoeier
1 koppie sterk cheddar kaas
3 eiers geklits
2 teelepels droë pietersielie of vars gekaptes
2 eetlepels gekapte uie
sout na smaak
knippie braai spice
2 eetlepels hoogvol koekmeel
Rasper al die bestanddele, plaas in ‘n mengbak, voeg 1 koppie melk by en meng goed.
Skep in ‘n gesmeerde oondbak of in kolwyntie pannetjie, sprinkel bietjie gerasperde kaas bo-oor.
Bak 25 min op 170 ºC as jy op fan bak.
Resep maak 12.