JELLIE JOGURT

tested

JELLIE JOGURT
6 pakkies verskillende kleur jellie
water
gelatien
rum, vodka of eninge gegeurde alkol yskoud gemaak
1liter greekstyle jogurt of ening na smaak
Besproei jou vorm liggies.
Gooi ‘n ¾ k water in ‘n pannetjie en gooi 1tl gelatien by,
Verhit op lae hitte en voeg die 1ste pakkie jellie in roer tot opgelos verwyder van stoof en gooi ½k alkol by en roer,
Gooi ongeveer ¾k van die mengsel in die vorm en verplaas na vrieskas om styf te word (NB: moenie dat die jellie heeltemal styf word nie, net tot soos dit lyk soos eierwit anders klou jou lae nie)

In die oorblywende jellie roer so 3 groot eetlepels jogurt in en gooi oor jou 1ste laag as hy reg is en sit terug in die vrieskas, herhaal al die oorblywende pakkies jellie op dieselfde manier tot jou vorm vol is maar nie tot op die rand nie As jy klaar is laat staan oornag in yskas om goed styf te word.
Ek het gevind om in elke laag alkohol in te gooi bietjie te sterk jy kan die alkohol uitlaat en vervang met water of net in sekere lae alkohol ingooi. Geniet !!
BRON- Ilona Turner Chester