HEERLIKE LEMOENPOEDING

2014-10-19-20141019_133735tested
HEERLIKE LEMOENPOEDING
My eie foto:  Marie Rheeder Troskie
Tweede foto: Meyer Combrinck
FOOD LOVERS RECIPES
Lemoenpoeding vir nagereg vandag gehad.
Ek het die resep dubbeld aangemaak.
Bedien met vla of room.
Genoeg vir 6 mense
Vla:
250 ml (1 koppie) water
250 ml (1 koppie) suiker
sap en skil van 1 lemoen
45 ml (3 eetlepels) vlapoeier
45 ml (3 eetlepels) koue water
Koek:
1 eier
125 ml (½ koppie) suiker
250 ml (1 koppie) meel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
’n knippie sout
30 ml (2 eetlepels) botter, gesmelt
125 ml (½ koppie) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 23 x 13 cm.
Vla:
Kook die water, suiker, sap en skil in ’n kastrolletjie.
Meng die vlapoeier en koue water en voeg dit by die suikerwater terwyl jy klits tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
Koek:
Klits die eier en suiker tot bleek. Sif die meel, bakpoeier en sout in en meng deur met ’n spatel.
Voeg die gesmelte botter by en meng.
Voeg die melk by en meng deeglik.
Giet die vla in die bereide bak.
Giet die koekmengsel oor en bak 30 – 40 min. of tot dit goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.
Bedien met vla of room.
Bietjie strooi suiker bo-oor gestrooi.