HEEL AARBEI KONFYT

HEEL AARBEI KONFYT
Gebruik net ferm, helder rooi aarbeie vir hierdie konfyt uit.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500 g aarbeie 350 g wit suiker en 15 ml suurlemoensap. Sny vir elke 500 g aarbeie ‘n geskilde gerasperde geskilde suur appel by – dit help vir die stol, maar jy proe dit nie. Plaas die vrugte en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae – moenie enige water byvoeg nie. Laat dit oornag stroop vorm.
Verhit dit die volgende dag baie stadit oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is.
Toets of die konfyt dik genoeg is op ‘n gevriesde lepel – dit moet rimpels op die oppervlak vorm. Bottel in gesteriliseerde warm bottels. Vee bottels se bekke af en verseel.
Ek gooi party keer ‘n klomp mint blare in om die smaak effens af te wissel. Haal die blare uit voor die mengsel gestol het.