HAASPOTJIE

HAASPOTJIE
1 haas
750 ml rooi wyn
50 g varkvet
2 uie
12.5 ml mielieblom
50 ml rum
1 lourierblaar
5 g roosmaryn
5 gekneusde knoffelhuisies
5 g koljander
250 g geweekte pitlose pruimedante
speserye na smaak

Sny haas in eetbare stukke.
Marineer vir 24 uur in wyn.
Sny varkvet in klein skyfies.
Braai uie in olie tot sag.
Voeg res van bestanddele behalwe pruime en rum by.
Kook vir 1 minuut en skep in potjie.
Haal haas uit wyn en sit in potjie.
Voeg speserye by en dan die wyn en genoeg water om vleis te bedek.
Kook vir 40 minute op lae hitte.
Voeg pruime en rum by sowat 10 minute voordat kos bedien word.