GEVULDE VETKOEK MET N TWIST
Hier is hy nou julle die is net n ander weergawe. Dis chicken en mayo. Die deeg is
3 koppies koekmeel
N halwe pakkie gis
So 1 eetlepel bruin suiker
So eetlepel sout
Dit gooi ek alles in my food processor
Dan meng ek so 80-100 ml koue water
1 eier
60 ml olie
Gooi dit stadig by die koekmeel mengsel in dit sal soos broodkrummels begin lyk
Dan gooi ek warm water nie kook water net warm water by tot dit n deeg begin vorm en laat die food processor die knie werk doen. Ek smeer dan my hande en n bak met botter haal die deeg uit werk so klein bietjie botter seker so eetlepel botter in en sit dit in die bak maak toe met n vatdoek en sit in die oond vir so halfuur tot n uur. Die filling kan jy maak net wat jy wil eintlik. Jy roll die deeg plat uit sit eers jou sous of kaas of so neer dan jou filling en dan knip jy dit toe soos n appelkoos konfyt tertjie vou die kante in en die kant kom op die bak pan (liggies gespuit met spray and cook) neer en dan baj jy dit vir so 20-25 min by 190 Grade C.
Met die resep kry jy so 12 uit
ek het dit nou al gemaak met die kool en mince, chicken en mayo en bacon en kaas.
Resep en foto: Wiandra Nel

