GESONDE BRUINBESKUIT


GESONDE BRUINBESKUIT
Meng goed saam:
1 kg bruismeel
200 ml all bran vlokkies
12.5 ml bakpoeier
350 ml suiker
Voeg bymekaar:
500 g botter, gesmelt
1 koppie pitlose rosyne
700 ml karringmelk
3 eiers, geklits
Meng die nat mengsel met die meelmengsel.
Skep in gesmeerde panne en bak 35 tot 40 minute by 180°C.
Sny en droog uit.
Resep en foto: Magde Van der Kolff