GERDA SE HOENDERLEWERTJIES

2014-10-26-imagetested
GERDA SE HOENDERLEWERTJIES
Ons nie vreeslike groot kokke nie. Maak maar soos ons lus kry en gooi by soos ons wil.
Hoeveelhede na smaak:
lewer
uie
peri peri olie
peri peri spices
1 blikkie room
chutney
suiker

Het uie gebraai in peri peri olie en die lewer so bietjie gekook want ek nie groot liefhebber van lewer eintlik nie.
Toe skep ons die lewer oor in die pan met uie sonder die sous. So bietjie gebraai en peri peri spices oor gegooi.
Het blikkie room ingegooi en so gekook.
En net om ekstra lewer smaak uit te kry het ons bietjie chutney ingegooi en ook suiker. Help met ekstra smaak.
En dis maar dit. Niks fancy nie.
Resep en foto:  Gerda Venter