GEMMER PERE EN VLA

gemmer pere met vlatested
GEMMER PERE EN VLA

Hier waar ek sit en werk le die pere onder my neus en ek is al so lus vir hulle maar hulle bly te hard. Toe maak ek maar ‘n plan.

Ek het die pere afgeskil en die pitte uitgehaal en suurlmoensap oor gesprinkel. Sit in ‘n glasbak saam met bietjie vars gemmer stukkies, bietjie sout en bietjie water, die stukkies moet so half in die water le, gooi versoeter of suiker oor en sit in die mikrogolf. Laat dit kook so 3 min op ‘n slag, tot die pere lekker sag is. Proe of jou sousie soet genoeg is en voeg bietjie suiker by indien nodig.

Wanner die pere sag is, nie pap nie, gooi bietjie kaneel oor en roer goed deur, maak maizina aan met bietjie water en gooi by jou sousie. Sit in die mikrogolf vir so minuut, roer goed en indien nog nie styf nie sit weer in die mikrogolf tot jou sousie lekker dik is. Ek het die gemmer lekker fyn gesny en ons het dit sommer saam geeet, maar as julle nie van gemmer hou nie, sny so dat jy dit kan uithaal voor jy dit bedien met lekker vla.
Geniet dit, vining en maklik……
Resep en foto:  Rina Kleinhans