

GEBAKTE ALASKA
Plaas een ronde, gebakte sponskoek op ‘n oondvaste bord.
Bedek met ingelegde vrugte van jou keuse.
Maak 1 liter roomys effe sag en skep bo-op vrugte.
Vorm ‘n koepel.
Bedek heeltemal met tinfoelie en plaas oornag in vrieskas.
OF
Neen ‘n diep ronde plastiek bak, met die form wat jy wil gebruik. Le uit met kleefplastiek.
Skep genoeg roomys onder in, tenminste ¾ vol, pak laag ingelegte vrugte van jou keuse bo op en heel bo-op ‘n gebakte sponskoek so groot soos die bek van die bak. Maak toe in kleefplastiek en sit in die vrieskas oornag. Volgende oggend los die roomyskoek rukkie buite of lig uit met die kleefplastiek op ‘n glasbord of bak waarin jy hom kan bak. Koeklaag is nou onder.
volg dan die stappe hier onder.
Haal foelie / kleefplastiek af.
Voorverhit Oond op 220 ºC.
Klits 4-6 eierwitte styf en voeg knippie sout en ¾ koppie strooisuiker geleidelik by tot gladde blink meringue.
Smeer bo-oor roomyskoek, bedek heeltemal met meringue.
Plaas roomyskoek vir 3-4 minute in oond. pasop vir brand, net goudbruin.
Bedien dadelik.
Foto: Suneth van Rensburg