FRIKKADELVORMPIES
FRIKKADELVORMPIES
1 weetbix beskuitjie
250 ml melk
1 eier
2.5 ml sout
1 pakkie tamatie room sop
500 gemaalde beesvleis
1 middelslag ui, fyn gekap.
1 middelslag tamatie in klein blokkies gesny.
Meng die weetbix beskuitjie en melk.
Klits eier en sout en voeg by die eier en weetbix mengsel.
Meng die tamatieroomsop poeier by die weetbix mensel.
Sny tamatie in klein blokkies.
Roer gemaalde vleis, uie, en tamatie by die weetbix mengsel.
Skep in gesmeerde muffin pannetjies. Bak in oond vir 1 uur op 160 grade Celsius
Resep en Foto verskaf deur Christina En LP Louw

