BROCCOLI SLAAI MET SPEK EN FETA
BROCCOLI SLAAI MET SPEK EN FETA
1 hele kop broccoli
1 Ui fyn gekap
1 Pak Bacon in stukkies gesny (spek)
1 ½ wiel feta kaas
1 Koppie mayonnaise
2 eetl suiker
2 eetl asyn
Sny broccoli in klein stukkies. Van die blommetjies kan heel gehou word.
Braai ui en bacon in bietjie olyf olie
Meng broccoli, gebraaide ui en bacon saam.
Krummel heel feta wiel en meng deur.
Meng mayonnaise, suiker en asyn vir sous.
Giet oor broccoli net voordat dit bedien word.
Krummel die halwe feta wiel bo-oor.
HEERLIK saam met braaivleis
Resep: Marieta James
FOTO: Noelene Saal

