APPELKOOSKONFYT PATATS
APPELKOOSKONFYT PATATS
Ek het 2 groot patats opgesny in amper ewe groot blokkies.
Plaas die volgende in ‘n pot:
3 eetlepels appelkooskonfyt
3/4 koppie suiker
3 eetlepels botter
Braai als saam tot bruin verkleur en gooi uit in ‘n koppie en hou eenkant
Kook die patats in net genoeg water tot amper gaar. Gooi nou sous by en kook deur tot patats deurskynend is.
Hierdie is ‘n skatting van hoeveelhede. Ek gooi mos net by
Resep en foto: Marian van Deventer

