APPEL- EN WORTEL SJOKOLADEKOEK
APPEL- EN WORTEL SJOKOLADEKOEK
750 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
375 ml strooisuiker
7.5 ml vanilla geursel
7.5 ml koeksoda
375 ml sonneblom olie
80 ml kakao
2.5 ml sout
420 g koo pie appels ( maak fyn, maar dit moet nog grof wees)
6 eiers (jumbo)
375 ml grof gerasperde wortels
Spuit 2 x 20cm koekpanne met “Spray & Cook” of smeer met “ Tin glide”.
Voorverhit oond tot180ºC.
Sif die droë bestanddele saam ( koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout en kakao).
Meng: eiers, strooisuiker, vanilla en kookolie tot romerig.
Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel, en meng goed.
Vou die gerasperde wortels en fyngemaakte appels in by mengsel.
Verdeel die beslag in die koekpanne, en bak vir ongeveer, 50 – 60 minute tot gaar. (toets met naald). Keer om op draad rakkies
om af te koel.
Rooibos tee en sjokolade versiersel :
400 ml kookwater
2 sakkies rooibos tee
250 ml suiker
50 ml botter
50 ml kakao
50 ml mielieblom
10 ml vanilla geursel
Voeg die tee sakkies by die kookwater, laat trek tot sterk tee.
Voeg die suiker, botter, kakao, mielieblom en vanilla geursel by die tee.
Kook oor lae hitte tot die versiersel verdik. Die versiersel moet gedurig geroer word, en moet glad wees. Plaas die versiersel in yskas vir ‘n paar uur voor gebruik.
Versiering:
Versier die koek met appelkooskonfyt en sjokoladeversiersel tussen lae, versier ook die koek bo met die versiersel. Rasper bietjie “Top deck” sjokolade oor versiersel. Sit ook met ‘n paar rooi kersies op.
Ps. Laat koek staan vir ‘n paar uur voordat dit gesny word !
Resep en foto- Hennie Botha

