Spinasie blare
Halwe kop blaarslaai
2 Avo’s in skywe gesny
1 koppie croutons
1 pak spek gebraai
30ml balsamiese asyn
1 pak aarbeie gehalveer
2 skywe feta kaas in blokkies gesny.
Plaas blare onder in slaai bord, dan avo’s, dan ander bestandele. Die orige sap/olie wat in die pan agter gebly het nadat spek gebraai is kan met balsamiese asyn gemeng word en dien as slaai sous. Rond slaai af met aarbeie en feta. Gebruik verkieslik n plat slaai bord. Die slaai is n wenner!!!
Foto: Benhet Niewenhuis