WORS EN EIER PIZZA

 

2014-09-21-worseneierpizzatested

Vandag se brunch was ‘n wors eier pizza gemaak in die pan – oorskiet gaar wors opgesny in stukkies, gebraai met uie, peppers, italian herbs en bietjie Wellington’s Steakhouse sous. Gooi bietjie olie in ‘n pan en versprei van die wors mengsel op bodem van die pan. Sit stukkies tamatie tussen in. Klits eiers en gooi bo-oor die mengsel, sit deksel op en laat gaar bak in pan. Gooi uit in bord, indien nie bo gestol, sit vir paar minute in warm oond
Marie Dumas Jennings