VRUGTEKOEK VIR DIABETE

tested

VRUGTEKOEK VIR DIABETE
Hierdie is my eie resep.. ekt bietjie gesukkel om dit aangepas te kry van my ma se vrugtekoek resep af want hare het suiker en allerhande soetighede bevat.. Hierdie koek kry nie versiersel nie maar ek versier dit wel met neute, kersies (wat ek self inle in water, bietjie gemmer en versoetter) en dadels.. dit is heerlik klam en glo my die pampoen word nie eers geproe nie…ekt nie ‘n foto hiervan nie…jammer…

1 ½ koppies sultanas
½ koppie rosyne opgekap
2 eetl brandewyn
1koppie gaar pampoen (gewone witpampoen is reg) met geen klonte nie
2 eiers geklits
½ koppie appelsap (sonder suiker)
½ koppie laevet melk
½ koppie gekapte pekanneute
1 teel fyn kaneel
1teel gemengde speserye
1koppie bruismeel
1koppie koekmeel
½ teel koeksoda
Ekstra neute, kersies en 2 heel dadels in kwarte gesny vir versiering

Stel oond op 200gr C en smeer en bespuit ‘n 20cm koekpan (rond of vierkantig).
Week die vrugte oornag in die brandewyn en water. Meng die pampoen, eiers, appelsap en melk saam. Meng die vrugte en neute hierby in. Sif die koekmeel, bruismeel, speserye en koeksoda saam. Meng alles goed saam met ‘n houtlepel. Skep in koekpan en bak vir eerste 10minute by 200ºC, stel oond af tot by 180ºC tot deurgebak, omtrent 1-1/2 uur. (Toets met ‘n tandestokkie of die koek gaar is). Versier met neute, kersies en amandels soos verkies…
BRON- Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.