VINNIGE ROOMYS
VINNIGE ROOMYS
1 blik room geklits met 1 pakkie kits poeding
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk styfgeklits
vou als bymekaar meng goed
OF
2 koppies melk en
2 pk sjokolade kitspoeding goed geklits tot dik
vou in 1 blik styf geklitste Ideal milk
Sit dit dan net in die vrieskas om te vries en roer een slag deur voor heeltemal gevries
Resep en foto: Dottie Wiese Louw

