TRADISIONELE BOEREWORS
TRADISIONELE BOEREWORS
2 kg beesvleis
1 kg varkvleis
20 g (50 ml)
koljander
2 ml fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
30 g (25 ml) fyn sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
500 g spek
100 ml asyn
sowat 90 g derms
Berei eers die koljander deur dit te skroei, te maal en te sif.
Sny vleis in 50 mm blokke en meng met die speserye en geurmiddels.
Maal die vleis en sny spek in blokkies.
Voeg spek en asyn by maalvleis en meng liggies maar deeglik.
Stop derms lossies met die mengsel.
Lewer sowat 3.5kg
BRON- Koos van der Merwe
Rina Kleinhans – Koos van der Merwe het jy al spek wors gemaak?
Koos van der Merwe
Ja ek maak gereeld. As jy die resep kyk wat op die blog is van my basiese tradisionele boerewors. Die 500 gram spek sny jy in blokkies en meng dit in jou klaar gemaalde vleis sodat die spek heel blokkies bly. Jy kan so groot soos jou behoefte sny 10 x 10 mm.
Koos van der Merwe
as julle sukkel om speserye te kry en ‘n heel eenvoudige resep vir wors 12 gram sout en 6 gram peper vir elke 1 kg vleis. Onthou 100 ml water by 3 kg, so meng, sit bietjie asyn by nie baie nie so 30 ml en 70 ml water.
FOTO: Koos van der Merwe

