TANYA SE “SWEET AND SOUR PORK”

tested
TANYA SE “SWEET AND SOUR PORK”
Ek maak gewoonlik my eie en dit kom heerlik uit. Koop vir jou so 2 groot vark boud tjops, sny vet af en bene uit, en sny die vleis in blokkies.
Maak vir jou deeg met:
1 koppie koekmeel
½ koppie water
so klein bietjie bier
sout en gemengde kruie
2 eiers

Deeg moet lekker dik wees, maar nie te dik nie. Maak olie lekker warm, en dip vleis in die deeg en deep fry dit tot deeg lekker goud bruin is. Sit op bak papier om olie te absorbeer.
Koop vir jou royco se already made sweet en sour sauce, jy sal dit kry by die pasta sous bottels, of dis Denny, maar die pak so half deuskynend met silver en blou label.
Braai liggies bietjie sampioene, uie en green peppers en ‘n blikkie pynappel stukke, gooi daai hele mengsel oor die vleis met die sous in ‘n bak in die oond en bak dit vir so 20 min tot ‘n halfuur. Bedien dan saam met fried 2 minute noodles.

Resep:  Tanya Erasmus
Foto: Elna Erasmus