SPINASIESLAAI MET BLAARSLAAI


SPINASIESLAAI MET BLAARSLAAI
(6 porsies)
1 blaarslaai
1 bossie jong spinasieblare
1 pakkie spek, in stukies gesny en bros gebraai
8 snye witbrood, in blokkies gesny en in olie gebraai (croutons)
50 g boontjiespruite
4 hard gekookte eiers
SLAAISOUS
75 ml olie
50 ml suurlemoensap
60 ml lemoensap
1 knoffelhuisie fyn gekap
2 ml suiker
2 ml mosterdpoeier
2 ml kerriepoeier
sout en peper na smaak
Breek die blaarslaai se blare af , spoel goed af en rangskik onder in ‘n vlak slaaibak. Breek of sny die spinasie blare in stukkies en ranskik bo-op slaaiblare. Sprinkel die spekvleisstukkies en broodblokkies oor, asook die boontjiespruite. Verwyder die geel van die eier en rasper fyn. Rangskik in die middel van die slaai. Kap die eierwitte fyn en sprinkel oor die slaai. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed. Gooi net voor bediening oor die slaai.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
VARIASIE: Kerf die blaarslaai en spinasieblare en meng saam
Foto: Rina Kleinhans