SKOONMA SE VRUGTEKOEK
SKOONMA SE VRUGTEKOEK
Hier is my skoonma se resep, jy meng ook die vrugtemengsel self. Hoop dit help. Ek gebruik die resep jaarliks
250g sultanas
250 g rosyne
250 g korente
500 ml suiker
500 ml water
250 g botter
Kook die mengsel vir sowat 20 minute tot dik. Haal van plaat af en voeg 2 eetlepels (30 ml) koeksoda by en laat afkoel oornag.
Metode
Klits 2 eiers by
Voeg dan 250 g gemengde skil, kersies (rooi, groen, geel) na smaak. (ook omtrent 250 g, of 500g los die gemengde skil)
4 K meel (1k=250ml)
5 ml gemengde speserye
Knippie sout
Bak dan die mengsel in ‘n groot pan, in oond wat 180˚C is vir so 20 minute en dan afgestel word tot 135˚C vir sowat 2 uur.
Draai die pan toe in bakpapier en sit foelie bo op en langs die kante.
Variasie en wenke
Die koek kan ook halveer word, bak dit dan in ringpanne.
As die koek uit oond kom, sprinkel met brandewyn. Laat afkoel en smeer weekliks met brandewyn.
BRON- Judy Koning Pretorius

