RINA SE MAASKAASTERT

tested
RINA SE MAASKAASTERT
BRON: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
(Baie baie lekker)
Kan enige kors gebruik van u keuse
KORS
500 g beskuitjies
125 g margarien
50 g strooisuiker
1 eetlepel water

Maak beskuitjies goed fyn. Voeg die suiker by.
Roer gesmelte margarien in met ‘n lepel, voeg water by en roer totdat water opgeneem is.
Druk in ‘n tertpan, bak vir 10 min in warm oond (180°C).
VULSEL
1 bakkie maaskaas
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 opgehoopte teelepel gelatien
1 klein blikkie blackberries of enige geblikte vrugte
2 eetlepels maizena

Meng die maaskaas met die kondensmelk en suurlemoensap.
Los die gelatien in bietjie kookwater op en roer by die mengsels in.
Skep die mengsel in die kors en laat stol.
Verdik vrugtesap met maizena op die stoof. Haal af, laat afkoel.
Voeg vrugte by en skep oor die gestolde mengsel.
Sit in die yskas en laat baie goed stol.
Sit styfgeklop room bo-oor voor opdiening.