PIETER SE BOKMELKKAAS VYETERT


PIETER SE BOKMELKKAAS VYETERT
Soos beloof, hier is my resep:
Ek maak n Skotse Brosbeskuitjiekors, gemeng met okkerneute:
Smeer n 25cm fluitringpan uit met botter
Stel oond op 160* C-ek gebruik n waaieroond
Meng 200g Baker’s Eat sum more met n halwe koppie okkerneute en 70g gesmelte botter in voedselverwerker tot fyn en druk teen bodem van pan.
1 pot groen vye met stroop-500g
2x 100g Ongegeurde Bokmelkkaas
3 eiers geskei
1 koppie Room
40g gesmelte botter
40g Bruismeel
1/2 koppie van die stroop van die vye
Sap van 1/2 Suurlemoen
4 eetlepels Strooisuiker
Metode:
Klits die eirwitte styf met n handklitser tesame met die strooisuiker
Klop die room styf
In n voedselverwerker, breek die bokmelkkaas op, gooi stroop by en eiergele, sowel as gesmelte botter. Meng tot glad en voeg die bruismeel by, gevolg deur die suurlemoensap. Voeg mengsel in mengbak en vou die room in. Snipper die groenvye op en vou by mengesel, laastens vou jy die eierwiite in. Gooi in beskuitjiekors en bak vir 50 tot 60 minute. Ek sit gewoonlik die oond af, maak die deur oop en laat die waaier nog vir so 10 minute hardloop. Dit gee my net daardie troos dat die tert nie gaan platval nie.
* Ek maak soms die beskuitjiekors sonder die neute en bak n verskeidenheid neute met heuning en strooisuiker so vir 10 minute teen 200* C. Laat afkoel en strooi op die kors, dit gee n lekker crunch en werk perfek met die vye. Dit kan ongemaklik wees vir die ouer garde met kunsgebit.
BRON- Pieter Kotzé