PIESANG VORM EN PIESANG ROOMYS

PIESANGROOMYStested
PIESANG VORM EN PIESANG ROOMYS

1 pakkie jelliepoeier
piesangs in skyfies gesny
125 ml suiker
60 ml vla poeier(gebruik meer vla poeier vla moet leka dik wees)
750 ml melk, knypiesout
Maak jellie aan soos gewoontlik, bespuit n ring vorm. Rangskik die piesangskyfies in die vorm en giet jellie oor en hou eenkant. Maak vla met res van die bestanddele en skep oor! Laat stol!

Piesang roomys
1 ryp piesang
150 ml melk
50 ml room
50 g suiker
Maak piesang fyn en meng met die res van die bestanddele!!! Plaas in roomys masjien terwyl hy draai! En laat draai 20 min!
Baie lekker roomys!!!
Resep en foto:  Benhet Niewenhuis