PIENKPOEDING

tested
PIENKPOEDING
1 pakkie aarbei-jellie
1 ¾ koppies kookwater
1 blikkie kondensmelk
½ koppie rooiwyn
2 eierwitte, styf geklits
Meng die jellie en die kookwater, roer tot die jellie opgelos is en plaas eenkant tot afgekoel.
Voeg die kondensmelk en rooiwyn by die jellie, roer deur en laat staan tot die mengsel net begin stol.
Vou die styf geklitsde eierwitte by die jelliemengsel in, plaas die poeding in ‘n tertbak en in die yskas tot gestol.
Resep: Petro Calitz

Benhet Nieuwenhuis – dit klink nou lekker! Ek wonder nou net oor die rooiwyn? Moet dit ‘n droë- of soetwyn wees?
Petro Calitz – Ek gebruik gewoonlik soet, maar dit sal nie juis verskil maak nie