PETRO SE AARTAPPELKOEK

tested
PETRO SE AARTAPPELKOEK
6 eiers, lig geklits
60 ml olyfolie
3 aartappels, gerasper
150 g spinasieblare, geskeur
sout en swartpeper
250 ml melk
250 ml koekmeel
2 uie, gerasper
30 ml tiemie, gekap
olie

Klits eiers, melk en olie. Sif meel by en roer stadig by eiermengsel in om sagte deeg te vorm. Voeg aartappels, uie, spinasie en tiemie by en geur goed met sout en peper. Verhit olie in groot pan en giet mengsel daarin. Kook oor warm kole tot geset aan onderkant. Bedek bokant met foelie, plaas warm kole bo-op en verhit tot bruin en gesit, ongeveer 15 – 20 minute. Bedien met fetakaassmeer en bros gebraaide baconrolle of rashers.
Resep:  Petro Calitz