NATCHOS VIR AAND ETE
Doritos skyfies. Sweet chilli gegeurde doritos skyfies en die kaas gegegeurde doritos skyfies gemeng
Lagie gaar maalvleis. Gebraai met tamatie en uiesmoor, chutney, tamatie paste, tamatiesous en sout en peper. As jy hou van brand gooi net tabasco by.
Lagie kaas. Grill dit in oond tot goed gesmelt.
Herhaal lae soveel keer as watjy wil. Grill net elke laag anders is dit pap.
Die laaste laag kry ekstra kaas.
Skep maaskaas op die warm kaas sodat dit lekker intrek.
Skep dan gekerfde kropslaai bo-op.
Dan kom die gekerfde tamatie bo-op die kropslaai.
Heel laaste kom die fyn avo bo-op. Skep in en geniet.
Resep en foto: Michelle Heyns
Nota:
Johann Viljoen
Michelle, in plaas van maaskaas gebruik ek roomkaas, maar verder is myne dieselfde. Behalwe vir gekapte vars chillies, dit MOET brand!
2de foto: Veronica Els


