MINI PAVLOVA

 

2014-09-26-minipavlovatested

MINI PAVLOVA

Hier is een van my nageregte. Het als self gemaak, inkluis die neute, maar nie die konfituur nie. Hier is mini pavlova, klein sjok koek met gat in wat gevul is met sjok & carame sous, tuigemaak en dan die roomys met crembo (weet nie of julle dit in SA het nie)
Als werk by my konkoksie gewys, net die naam klink groot, dis basiese skuimpie resep, geklitste room en dan het ek die kersie konfituur bo-op.
As ek nou hier skryf hoe ek die skuimpie basis gemaak het, spring `n paar mense dalk op my hehe.
3 eierwitte van klein eiers
1 k wit suiker
dan as klaar geklits voeg ek 1 el asyn by (moenie vra hoekom, ek sien die resepte se so haha)
en dan 1 eetlepel cornflour, ook sommer net, en dan knippie sout.
Gebak by 130 gC net so oor `n uur en toe oond af en daar gelos. Dit het so `n mooi sjamanje kleur

ROOMYS
kry mens die sweetypie in SA? OK, dan moet julle die roomys so maak:
4 van hulle (sweetie pie)
200 ml room en knippie sout wat mens nie moet weglaat.
Klits die room tot styf, dan gooi jy daai 4 net so in en klits als fyn, goou sout by en vries. Ek het resep 3 maal aangemaak en in klein glasies gevries.

BRON- Sonja Zino